Barbican Centre
Die Barbican Centre is 'n sentrum vir konferensies en uitvoerende kunste in die City of London. Die kunssentrum, wat in Silk-straat, tussen Aldersgate- en Moorgate-straat, geleë en ná 'n boutyd van tien jaar op 3 Maart 1982 deur Haar Majesteit koningin Elizabeth II amptelik ingewy is, is die grootste van sy soort in Europa. Die boukoste het destyds ₤161 miljoen beloop. Die koningin het tydens die openingsplegtigheid na die kunssentrum verwys as "een van die moderne wonders van die wêreld".
Read article







